HA!Man: geselekteede artikels

July 2014


 

1. HA!Man sonder grense - Tjellis bring sy kuns na die mense (Rapport Tydskrif)
2. Ha!Man betower op planke (Die Burger)
3. (Suid-Afrika se) HA!Man (De Kat)





1.

HA!Man sonder grense - Tjellis bring sy kuns na die mense


RAPPORT TYDSKRIF (voorbladfoto) vir 23 Aug 2009


 

 

Almal wat FranÁois le Roux ken, weet hy is die HA!Man, maar aanhangers van die HA!Man weet nie altyd sy regte naam is FranÁois le Roux nie. Of dat hy in Brixton grootgeword het en op 10 jaar oud al 'n vaste pos as orrelis van die NG kerk Cottesloe gehad het. Dit wil gedoen wees. Hy het destyds R50 per maand verdien by die kerk. "Ek het so R15 daarvan gespaar en met die res het ek goed gekoop soos 'n tafeltennisstel op wiele, 'n windbuks, gereedskap vir handwerk?...

 

"Ja, metaalwerk was een van my vakke op skool," sÍ diť tjellis wat vandag kan saampraat met van die bestes en grense bloot sien as iets wat verskuif moet word.

 

Hy maak musiek oor die wÍreld heen en gee van sy siel waar hy ookal kom. Elke jaar doen hy konsertreise van twee maande in Europa, twee maande in Noord-Amerika en dan ook so twee weke in AsiŽ. Sy afgelope Europese toer het agt lande gedek met vir 28 optredes en slypskole. Tydens hierdie toer is hy onder meer deur die internasionaal beroemde tjellis Antonio Meneses genooi om 'n slypskool by die HochschŁle der Kunste in Bern, Switserland te lei.

 

"'n Groep strykerstudente en hul direkteur het dit bygewoon. Soos gewoonlik het ek 'n omgewing geskep waarbinne spelers die vrymoedigheid gehad het om musiek te maak sonder 'n voorafgaande plan of idee - dus improvisasie."

 

Dit was sů suksesvol dat hy teruggenooi is om 'n reeks meesterklasse aan van die wereld se top musiekstudente daar aan te bied.

 

As hy in Suid-Afrika is soos nou, is daar min tyd vir rustig wees in Hogsback, die plek wat hy nou sy tuisdorp noem. Hy toer deur die land en bring sy kuns na alle soorte mense - vanaf plase en kleindorpies tot in die hartjie van ons stede.

 

Hoewel musiek duidelik van kleins af deel van sy lewe was, was die verhoog en alles wat daarmee saamgaan nie noodwendig wat hy aanvanklik wou doen nie. NŠ sy diensplig is hy in die jare tagtig na Stellenbosch - om 'n dominee te word.

 

"Ek was 'n konserwatiewe KP-man en my kop het preekstoel toe gestaan. Toe gebeur daar egter soveel in my kop dat al my sekerhede in drie jaar soos badwater uit my uitgevloei het.

 

"Ek is gekonfronteer deur nuwe en wyer gedagtes. Alles het soort van losgekom in my en ek het mettertyd besef musiek is my eintlike passie. Ek het na B Mus oorgeslaan en toe na twee jaar besef die formele musiekwereld bied nie meer 'n uitdaging nie.

 

"Ek wou nie net nůg 'n tjellis of komponis wees nie. Ek wou meer wees?... of dalk minder."

 

Op 'n vraag oor die verhoognaam HA!Man, vertel hy aan Paul Boekkooi van sy universiteitsdae, die laatnag-debatte, die VoŽlvrykonserte en 'n land wat semi aan die brand was.

 

"Daar in die (destyds) liberale Stellenbosch het ek toe my fundamentele oriŽntering begin bevraagteken tot die dag dat 'n 'aha!'-oomblik my een middag in Majuba-koshuis geslaan het. Dit was asof die twee drade van die Westerse dualisme binne-in my 'n konneksie gemaak het. Toe spring dit by my op: as iemand my ooit weer sou vra wat die sin van die lewe is, sal ek bloot sÍ 'HA!'.

 

"Rasionele begrippe was net nie meer toereikend nie. Konsepte, teorieŽ, filosofieŽ of 'n tradisionele geloof is te kop-gebonde. Ek het die ander wÍreld - die gevoelswÍreld - in my hart en bors herontdek. HA! kom uit die bors.."

 

Daar was tye as jong man dat hy Europa toe wou trek.

 

"Ek het gedink my wortels lÍ daar. Maar nou weet ek my wortels lÍ veel dieper in Afrika. Dis waar ek myself en my inspirasie vind."

 

Dalk het die feit dat hy die land vyf jaar lank deurkruis het met sy alles wat hy besit het op sy rug, iets te doen met sy verbondenheid aan die kontinent.

 

"Ek het geryloop en aan die lewe gebly deur busking en optredes waar ek kon. Dis op straat waar die grondslag van my improvisasievaardigheid gelÍ is. In daardie jare was dit ook veral die Fringe ("randfees") by Grahamstadse Fees waar ek my kon uitleef. Niemand het jou gekeer of gekeur nie. Jy kon op die planke bring wat jy wil. Ek het geeksperimenteer met rou verhoogwerk soos "Birth," "One Man and a Cello" en "Francois on Piano." Veel meer as net musiek was betrokke."

 

In 2000 het hy 'n kar en rekenaar gekry. 'n Vrou in sy lewe het hom laat soek na groter vastigheid en hy het besef hy moet 'n nuwe verhoognaam kry.

 

"My naam moes aansluit by my "filosofie" van HA! Die sin van die lewe lÍ gekiem in die spontane, in die ritme van asemhaal en 'n gesonde emosionele lewe.

 

"Sů word ek toe die mannetjie wat 'ha!' kan sÍ. Die 'HA!Man'-titel is seker ook 'n eye catcher. Dit spreek tot kinders en laat mense vrae vra, en dit is goed," sÍ die swerwer-musikant wat tot 80,000 km per jaar op vier kontinente aflÍ om voor selfs die mees geÔsoleerde gemeenskappe op te tree en slypskole aan te bied.

 

Hy het ook mettertyd besef dat sy instrumentale/vokale optredes beperkend raak. Die HA!Man-konsep het mťťr van hom gevra: die verhoog moet 'n volledig kreatiewe ruimte word waar mimiek, dans, beweging, elektronika en selfs impulsiewe eksperimente bymekaarkom.

 

"Ek wil my gehoor meesleur, maar ook nader aan hul eie wese en gevoelens uitbring. Deesdae bring ek beeldprojeksies en teks by wat die musiek aanvul. Ek werk dikwels ook saam met kunstenaars uit ander dissiplines, soos skilders, digters en bewegingskunstenaars."

 

"Ek dink verder baie oor die skep van 'n sogenaamde derde ruimte - 'n tussen-spasie waar mense in die gehoor hulself vryelik kan uitdruk sonder om op die verhoog te wees. Mense is te dikwels geÔnhibeer deur die tradisionele gehoor-etiket."

 

Die HA!Man laat hom nie inhibeer nie. Mense wat sy konserte bygewoon het, kan nie uitgepraat raak oor die energie wat die man in sy optredes blaas nie.

 

Dalk is dit die rede waarom hy op 43 nog so fiks en sterk is met 'n lyf waaroor vele jonger manne maar net kan droom?

 

"Ja. Die enigste oefening wat ek egter kry, is op die verhoog en om swaar instrumente rond te dra. Dalk dit genoeg!"

 

En hy eet baie gesond. Rou kos. Voeg daarby 'n yskoue stort elke oggend vir die "bloed-rush en om jou warm te maak vir die res van die dag", en jy raak-raak aan die eerste bestanddele van die HA!Man-resep vir jeugdigheid.

 

Wat die toekoms betref, is hy baie positief.

 

"Ek kan nie my ambisies maklik "pinpoint" nie. Dit wat ek doen, het 'n lewe van sy eie en groei organies. Ek wil wel my gehore uitbrei en my besoeke beter integreer - samewerkings en slypskole wat uitloop op 'n groot konsert. My fokus bly lokaal wat uibrei na globaal. Ek wil iets van die universele van menswees inneem en oordra."

 

"En asseblief, ek wil tog net nooit op een plek gaan stil staan nie!"

 

Vir inligting oor optredes deur die HA!Man, besoek die webruimte www.hamanworld.com



 


2.

Ha!Man betower op planke


PIETER VAN ZYL - Die Burger 2002/06/01

 

PLEK-PLEK op die platteland slyp die improvisasiekunstenaar Francois le Roux alias Ha!Man sy towerstaf met tjello en klavierklanke met die oog sywaarts in die rigting van meer toneelspeel. Francois is steeds landwyd te sien in die toneelstuk Die goue seun oor die lewe van Uys Krige. Die Burger-Kanna vir die beste bydrae tot ernstige woordkuns en toneel is op die onlangse Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) aan diť werk toegeken. Dit was die eerste keer dat hy op ``formele'' vlak toneelgespeel het.

 

"Ek sit gewoonlik maar aan die kant met my tjello en musiek maak. Dit was toe nie so moeilik om akteur met woorde te speel as wat ek gedink het nie.'' Sy betrokkenheid by Die Goue seun, met Marthinus Basson in die regisseur-stoel, het sy lus vir meer toneelspeel aangewakker.

 

"My spesialiteit is spontane werk. Formele teater is soos 'n spieŽl waarin ek kan kyk en meet waarmee ťk besig is.''

 

Op die KKNK het hy in die orkes gespeel vir die stofopera RooikŰppitjie . Hy het nog nie iets van sy eie Oudtshoorn toe geneem nie. Op vanjaar se Grahamstadse Kunstefees speel hy orrel in van die toneelstukke. In die stuk A Cure for Madness doen hy wat hy die beste kan doen; improviseer met sy lyf. Francois tree op saam met twee akteurs wat verlede jaar in Andrew Buckland se treffende feesstuk Makana gespeel het. Buckland het van Francois se tjello, klavier en elektroniese musiek gebruik gemaak in diť stuk.

 

Hy het sy eenmanstuk Birth by die fees gehad. Vanjaar span hy in Madness met drie ander akteurs saam om in die ruimte van 'n malhuis op 'n soektog te gaan.

 

"Die stuk is baie vry; met scenario's en interessante karakters. Ons kom nie by 'n letterlike geneesmiddel vir malligheid uit nie."

 

Afwykende mense word hier teenoor die "normale'' mens gestel. "'n Transendentale figuur is alom teenwoordig. Een van die karakters hoor hom praat. As hierdie karakter na ander gekanaliseer word, word dit 'n malligheid waarby ander kan baat vind.''

 

Francois hou van uitdagings. Hy meen sy musiek is reeds goed gevestig. Talle klankbane spog met sy herkenbare afdruk. Op 31 Julie hoor gaste sy werk by die toekenningsgeleentheid vir die Vrou van die Jaar in Kunstekaap, Kaapstad. Op televisie het hy gesorg vir musiek in die dokumentÍr People of the Gariep en 'n program oor egskeidings.

 

Hy was vandeesweek deur die Karoo op reis om plekkies soos Cradock aan te doen en sy eiesoortige vertoning aan te bied. "Dit is 'n goeie leerskool vir my wat besig is met spontane werk. Op die platteland is mense dikwels uitgehonger en ontvanklik vir iets nuuts. Jy kan jou act slyp op mense wat dit waardeer.''

 

Kinders was gaande oor Francois se werksessie "Hoe om die muse te hoor" op die onlangse Skolefees in die Baai. Thanbikhaya Daniels het gesÍ: "Ek dink wat jy doen, is wonderlik . . . eendag sal ek graag wil doen wat jy doen.''

 

Francois het 'n duidelike missie: "Wat die toekoms betref, is ek verby die punt dat ek voortdurend groot sukses wil behaal. Ek wil gewoon die kanaal wat in my wese geslyp geraak het, van dag tot dag gebruik om kuns in klank weer te gee, om mense saam te snoer met gesonde en openhartige estetiese ervarings.''

 

†††††††††




3.

(Suid-Afrika se) HA!Man


De Kat artikel, Lente 2008

 

Francois le Roux, beter bekend as die HA!Man, is werklik 'n unieke kunstenaar. Die Suid Afrikaanse mark is oorvol met maatskappygedrewe kunstenaar-idees en bemarkingsfoefies. Nou en dan styg 'n kunstenaar uit met iets unieks, iets wat die hoofstroom so bietjie laat buig.

 

Die HA!Man is 'n klassiek opgeleide tjellis. Hy kombineer die tjello met elektroniese klanke en die fokus val op spontane musiek, wat 'n verskeidenheid van style betrek, Afrika ingesluit. As jy ons uitgawe met 21 musikante op die voorblad onder oŽ gehad het sal jy hom onthou. Hy was die enigste kunstenaar op ons voorblad wat werklik baie oorsee optree. Met oorsee word nie bedoel Afrikaanse pubs in London nie: ons praat van New York tot Seoul, Europa tot Lesotho (hy bedryf self sy loopbaan en reis sowat 70 000 km per jaar).

 

Die HA!Man tree nie net op nie, maar bied ook werkswinkels in spontane kreatiwiteit aan, waar daar gewerk word met musiek, dans, teken, digterlike spraak en sang. Groepe van 20 tot 50 kan dit bywoon. Hierdie werkswinkels is werklik vir enige groep mense, korporatief, voorskools, gestremde mense tot studente. Daar is ook die opsie om 'n reeks werkswinkels te reŽl, dit geskied oor 2 of 3 dae en eindig met 'n konsert saam met die HA!Man.

 

As jy vertroud is met Bobby Macferren van "Don't Worry Be Happy" faam sal jy 'n basiese idee hÍ wat Francois le Roux alles doen. Behalwe vir sy musikale briljansie, hy het al meer as 700 snitte opgeneem wat klankbaanmateriaal, 'n paar songs, improvisasies met verskeie ander kunstenaars en akoestiese konserte insluit. Sy nuutste klankbaan-opdrag is vir 'n opkomende dramatiese dokumenter oor die Knysna olifante (E.TV). Sy musiek is ook in Julie bekendgestel by die Teramo Open City Festival in Italie, as een van vyf vooraanstaande jong komponiste uit vyf verskillende lande.

 

Die HA!Man word deesdae bygestaan deur Larha! (Laura Kirsten), 'n klassieke pianis wat in 'n digter, spontane musikant en ook danser ontwikkel het. Saam verseker hierdie twee kunstenaars jou soveel meer as net nog 'n doef-doef sokkie aand of braaivleistreffers.

 

Jy kan hom nou en dan raakloop op Litnet se vuurwarm debatportaal, SÍnet. Sy briewe is gewigtig en intellektueel uitdagend. Hierdie eertydse teoloog en filosoof is veelsydig en al herhaal ek dit weer, baie uniek.

 

In Meimaand het 'n groep sakemense tydens die Prince of Whales Business and Environment Programme 'n fonds aan die gang gesit om die HA!Man te steun met sy werk in minder gegoede gemeenskappe. Die fonds word deur die Novalis Instituut in Kaapstad bedryf. Vir meer inligting, asook videos van die HA!Man in aksie, besoek sy webwerf by www.hamanworld.com. Jy kan ook hier inskryf op sy nuusbrief "HA!News" om by te bly met die konstante vloei van optredes, werkswinkels, projekte en interressante skrywes oor aktuele sake. Miskien maak jy ook 'n HA!-ontdekking!