.......for Upington

[including the Keimoes and Kakemas areas]

View online haworld.net/upington

4 March 2026


Beste almal

Sondag om 18h is my optrede by Jacky se gastehuis, La Fugue. Pragtige tuin, reg op die rivier..

'n Jaar gelede was ek ook op die dorp. Daar was 'n konsert, ook in 'n tuin, op 'n plaas net buite Upington. 'n Goeie getal mense het op kort kennisgweing opgedaag. Na die konsert was daar groot opgewondenheid en planne vir my volgende besoek, wat nou is. Maar soos wat dit dikwels gaan, lyk dinge nie noodwendig dieselfde na die verloop van 'n volle jaar nie.

Wat egter vir my belangerik is, is om 'n betroubare patroon te vestig. Want die sielsvoeding wat gehore by my optredes kry, is presies dit: voeding. Ek wil julle nie onnodig laat verhonger nie! En deur gereelde besoeke, leer ons mekaar beter ken, word ek meer en meer geinspireer deur julle omgewing, en kan ek beter dinge skep vir wat plaaslik relevant is.

Dit is my kant van die saak. My hoop is dat julle dit ook sinvol sal vind en hierdie jaarlikse besoeke sal ondersteun. Dit kan jy doen deur by te woon, natuurlik, maar ook om ander te motiveer om ook te kom.

Vir almal, jonk en oud, wat dieper inspirasie soek, opgrefrisde lewenslus en emosionele verwarming nodig het, kom wees deel op Sondagaand!

Om te bespreek, antwoord gerus op hierdie epos, of bel my op 083 558 7380. Al die inligting is in die pdf - sien hieronder.

Tot Sondag!

Beste groete
Francois (HA!Man)


Event Announcements
   
La Fugue - Son 8 Maart

Ek gaan julle spesifiek op 'n reis neem - 'n nege-stappe reis! - en dit lyk so:

  • Beginnende met iets van die mistieke begin van alle dinge
  • Dan iets skoons en ekspressief
  • Iets sag en heilig
  • Iets om jou ore te rek en te toets!
  • Iets om jou vlerke te gee
  • Iets om jou voete te wil laat skoffel
  • Iets om jou hart diep te roer
  • Iets om vreugde te gee en
  • En uiteindelik iets om jou reguit terug aarde toe te bring..

Daar gaan ook 'n sangeres wees wat liedere soos Besame Mucho en Desafinado gaan sing (ek sal meespeel op die tjello)

Ook is daar ook gellentheid vir enige iemand om IETS VAN UPINGTON saam te bring. Dit kan 'n foto of skildery wees, dit kan jou eie gedig of 'n skrywe van iemand aners wees. Dit kan selfs 'n plaaslike plant of klip wees. Watookal, ek sal dit kreatief in die program inkorporeer en iets betowerend daarvan maak!

Kliek op die foto hiernaas om die pdf af te laai. Jy kan ook hierdie skakel daarvoor gebruik. Deel dit op enige platform (in die pdf is daar ook 'n pamflet wat jule kan aflaai om te versprei):

haworld.net/upington


next visit


Early 2017..


quote

Your work, I feel, is much more than
the making of music. It is muse-ic.
You are using music as a tool, and it is
clearing and creating the old and new, respectively.

(Biren Shah, India)


watch

the latest "HA! is... " video clip